Olimpiese Winterspele 1932

IIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1932

Gehou in Lake Placid, Verenigde State
Deelnemende lande 17
Deelnemende atlete 252 (231 mans, 21 vroue)[1]
Items 14 in 4 sporte
Openingseremonie 4 Februarie 1932
Sluitingseremonie 15 Februarie 1932
Amptelik geopen deur Goewerneur van New York,
Franklin D. Roosevelt
Atlete-eed Jack Shea (Langbaanskaatser)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1952)
Vorige Spele 1928: St. Moritz (Switserland)
Volgende Spele 1936: Garmisch-Partenkirchen (Duitsland)

Die Olimpiese Winterspele 1932 (Engels: 1932 Winter Olympics), amptelik bekend as die IIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 15 Februarie 1932 in die Adirondack-gebergte by Lake Placid in die deelstaat New York in die Verenigde State gehou. Die ander kandidaatstede was: Bear Mountain, Yosemite Valley, Lake Tahoe, Duluth, Minneapolis, Denver (almal in die Verenigde State) en Montreal (Kanada).[2] Die Spele is deur die destydse goewerneur van New York, Franklin D. Roosevelt, geopen, wat nege maande later tot die 32ste President van die Verenigde State verkies is. In 1932 het die Verenigde State ook die Olimpiese Somerspele aangebied, in Los Angeles.

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  2. (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by razib.in